Naby aan God - Hennie Viljoen - 書籍 -  - 9781091226388 - 2019年3月22日
カバー画像とタイトルが一致しない場合、正しいのはタイトルです

Naby aan God

価格
¥ 2.636
付加価値税なし(お届け先:Japan)

遠隔倉庫からの取り寄せ

発送予定日 12月14日 - 12月30日
クリスマスプレゼントは1月31日まで返品可能です
Hennie Viljoen の新しいリリースのお知らせを受け取る
iMusicのウィッシュリストに追加

まだ評価がありません

"... Ek het jou lief gehad met 'n ewige liefde..." Jeremia 31:3. Wat maak dat Paulus skryf dat al wat hy begeer is om Jesus te ken? Kan dit wees dat hy iets in Jesus ontdek het wat "godsdiens" vir hom in "verhouding" verander het? Kan dit wees dat hy intimiteit ontdek het met Jesus wat sy lewe so vervul het, dat hy ook skryf dat hy alles as waardeloos beskou in vergelyking met die kosbaarheid van sy verhouding met Jesus?Kan dit ook wees dat Jesus iets in ons sien wat Sy hart so roer met passie dat Hy voel soos Salomo in Hooglied voel oor sy bruid? Is dit moontlik dat God 'n diep begeerte het om intieme verhouding met mense te deel, maar dat Hy ook 'n kwesbaarheid het wat Sy hart diep kan verwond wanneer mense Hom minag?Toe Jesus gesterf het, het die voorhangsel in die tempel geskeur om verhouding moontlik te maak. Volle toegang tot die Vader se goedkeuring en liefde is nou moontlik vir elke mens, deur wat Jesus gedoen het. Naby aan God breek waarhede oop vir die leser om te ontdek dat ons verhouding met God 'n opwindende en diep vervulde avontuur kan wees, in plaas van dooie Godsdiens wat uit rituele en verpligtinge bestaan. Aanbeveling"God het van die begin van die skepping af die mens se verlossing in sy hart gedra wat deur Jesus Christus bewerkstellig is. Die bekendmaking van God se plan is die beste nuus vir elke mens wat ooit sou leef, maar dit moet egter begryp en verstaan word. Die groot fout wat baie mense maak, is om te dink dat hulle die Evangelie genoegsaam verstaan en nie nodig het om dieper te delf nie. Hennie Viljoen help ons om die dieptes van die goeie nuus van die Evangelie vars en verstaanbaar te ontdek." Alan Platt: Leier Doxa DeoDie skrywer: Hennie Viljoen bly in Pretoria en werk in die inligtingstegnologie bedryf. Hy het heelwat ondervinding in die bediening van kleingroepe. Sy passie is om mense te help om intieme verhouding met God te ontdek.

メディア 書籍     ペーパーバック・ボグ   (ソフトカバーで背表紙を接着した本)
リリース済み 2019年3月22日
ISBN13 9781091226388
ページ数 112
寸法 152 × 229 × 6 mm   ·   158 g
言語 Afrikaans